Roesskaja Prawda ("Die Reg van die Roes";[2][3] Ou Kerkslawies: Правда роусьскаꙗ, Prawda roesskaja; Russies: Русская Правда; Oekraïens: Руська Правда) was die regskode van Kiëf-Roes en die daaropvolgende prinsdomme in die streek. Dit is aan die begin van die 12de eeu geskryf en daarna deur die eeue bygewerk. Die basis daarvan was die regskode van Jaroslaf die Wyse, wat aan die begin van die 11de eeu geskryf is. Dit was ’n hoofbron van die ou Russiese wette.[4][5]
Ondanks die groot invloed van die Bisantynse Ryk se wetgewing op die wêreld van dié tyd en die groot kulturele bande tussen dié ryk en Kiëf-Roes, toon die Roesskaja Prawda geen ooreenkoms met die wette van Bisantium nie. Die gebrek aan lyf- en die doodstraf weerspieël eerder die Skandinawiese denkwyse.[6][7]
{{cite book}}
: Onbekende parameter |chapterurl=
geïgnoreer (hulp)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search